Munisipale verkiesing in Ngwathe: Hier is die partye vir wie jy kan stem
In die Ngwathe Munisipale gebied het kiesers 'n keuse uit 16 partye waarvoor gestem kan word in die komende munispale verkiesing.
Geregistreerde kiesers sal op 4 November stem in die landwye munisipale verkiesing. Stemdag is amptelik as ‘n publieke vakansiedag verklaar.
Hier is die lys van partye wat op die stembriewe vir Ngwathe sal verskyn:
- Aaron
- AACUM (Active African Christians United Movement)
- ACT (African Congress for Transformation)
- ANC (African National Congress)
- APC (African People’s Convention)
- ATM (African Transformation Movement)
- AMM (Afrika Mayibuye Movement)
- CMPC (Civic Movement for Progressive Citizen)
- DA (Democratic Alliance)
- EFF (Economic Freedom Fighters)
- FDCM (Fezile Dabi Civic Movement)
- PAC (Pan Africanist Congress of Azania)
- PA (Patriotic Allliance)
- SACP (South African Communist Party)
- UDF (United Development Forum)
- VF+ (Vryheidsfront Plus)
Spesiale stemme
Spesiale stemme vir die munispiale verkiesing vind plaas op 2 en 3 November en sluit in bejaardes, gestremdes of mense wie nie op stemdag by die stemlokale kan wees waar hul geregistreer is weens werksverpligtinge.
Slegs mense wie vooraf aansoek gedoen het vir spesiale stemme, en wie se aansoeke aanvaar is, sal op hierdie dae kan stem.
Vir die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit is 2048 aansoeke vir spesiale stem tuisbesoeke goedgekeur, terwyl 4 3 97 aansoeke vir spesiale stemme by stemlokale in Ngwathe goedgekeur is. Dit gee ‘n totaal van 6 445 spesiale stemme in die hele Ngwathe Munisipale gebied.
Jy kan vooraf seker maak waar jou stemlokaal is by www.elections.org.za/pw/Voter/Voter-information
Onthou wanneer jy na die stemlokaal gaan het jy slegs jou ID-dokument, slim ID kaart, of geldige tydelike identifikasie sertifikaat nodig. Jy sal slegs kan stem as jy geregistreer het as kieser, 18 jaar en ouer is, en ‘n Suid-Afrikaanse burger is.




