Local Elections news

Spesiale stem tuisbesoeke: So werk dit as jy nie tuis is nie

Spesiale stemme vir die komende plaaslike munisipale verkiesing vind plaas op 2 en 3 November.

Kiesers wat vir spesiale stem tuisbesoeke aansoek gedoen en goedgekeur is deur die OVK, sal moet sorg dat hulle op 2 en 3 November by die adres is waar hul geregistreer is vir ‘n spesiale stem tuisbesoek.

OVK-beamptes sal nie na jou adres kan terugkeer as jy nie tuis was nie.

As jy OVK-beamptes tydens jou tuisbesoek gemis het, sal jy ook nie op 2 en 3 November by die stemlokaal waar jy geregistreer is kan stem nie.

Jy sal moet wag om op stemdag 4 November by jou stemlokaal te gaan stem.

Foto verskaf deur die OVK
Image: IEC

Spesiale stemme vind plaas op 2 en 3 November tussen 08:00 en 17:00. Slegs mense wie vooraf aansoek gedoen het vir spesiale stemme, en wie se aansoeke aanvaar is, sal op hierdie dae kan stem en sluit in bejaardes, gestremdes of mense wie nie op stemdag by die stemlokale kan wees waar hul geregistreer is weens werksverpligtinge.

Vir die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit is 2048 aansoeke vir spesiale stem tuisbesoeke goedgekeur, terwyl 4 3 97 aansoeke vir spesiale stemme by stemlokale in Ngwathe goedgekeur is. Dit gee ‘n totaal van 6 445 spesiale stemme in die hele Ngwathe Munisipale gebied.

Die OVK in Ngwathe het vandag die versekering gegee dat alle reëlings in plek is vir die komende munisipale verkiesing.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button