NewsNews

Passiespel ook hier te sien

Op Goeie Vrydag wat vanjaar op 14 April val, word die kruisiging van Jesus Christus herdenk. Baie mense het al die geleentheid gehad om die Passiespel waarin die kruisiging voorgestel word, plaaslik of in Oberammergau by te woon. Hier is nou ’n geleentheid vir almal om ’n  voorstelling van die gebeure hier in Parys te …

Op Goeie Vrydag wat vanjaar op 14 April val, word die kruisiging van Jesus Christus herdenk. Baie mense het al die geleentheid gehad om die Passiespel waarin die kruisiging voorgestel word, plaaslik of in Oberammergau by te woon.
Hier is nou ’n geleentheid vir almal om ’n  voorstelling van die gebeure hier in Parys te sien.
Die NG gemeente Garsfontein het die Passiespel wat deur die gemeente in Middelburg saamgestel is, sedert 2000 meer as 50 keer opgevoer.
Hulle het dit selfs in 2001 in die Okraïne opgevoer en dit is oral baie goed ontvang.
’n DVD van die opvoering is gemaak en sal op Sondag 9 April om 18:00 by die NG gemeente Parys-Wes op die hoek van Grens- en Kortstraat vertoon word.
Toegang is gratis en daar sal na die vertoning tee en koffie in die kerksaal beskikbaar wees.
Vir navrae oor die vertoning skakel die kerkkantoor by (056) 811 5316.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button