NewsNews

Nampo: Vermy liefs dié paaie

Derduisende mense sal van 15 tot 18 Mei weer die Nampo Oesdagplaas net buite Bothaville besoek vir wat beskou word as een van die grootste vertoonvensters van die landbou. In 2017 het 78 600 mense die 4 dae lange Nampo-Oesdag besoek.

 

Vanjaar word besoekers egter aanbeveel om nie die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville te ry nie aangesien die pad tans herbou word en hoewel daar bane aan weerskante van die pad geskraap is, word dit sterk aanbeveel om eerder ander toegangsroetes te kies, sê mnr. Cobus van Coller, voorsitter van die Oesdagkomitee. Die R76 tussen Kroonstad en Viljoenskroon word ook nie aanbeveel nie.

Besoekers wat van Parys op die R59 na Viljoenskroon ry, word aanbeveel om by die vierrigtingstop by Viljoenskroon regs te draai op die R76 en dan te ry tot by die T-aansluiting. Draai dan links op die R30 na Nampo en Bothaville.

Ander roetes wat aanbeveel word sluit in die N12 van Potchefstroom na Klerkdorp en van daar die R30 na Bothaville. Mense wat van Kroonstad se kant af ry kan die R34 na Welkom gebruik. Draai na ongeveer 15km regs op die R713 tot by die R30 en dan weer regs na Bothaville en Nampo.

Mielie-Hop Pendeldienste is beskikbaar vir besoekers wat tussen Bothaville en Nampo Park beweeg asook tussen Nampo en Potchefstroom, Klerksdorp, Bloemfontein of Welkom. Pryse word deur die afstand en aantal passasiers bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button