NewsNews

Vrees en kommer oor verlenging van riool-uitvallyn

Kom luister hoe dit jou gaan raak.

Net ’n handjievol inwoners was Maandagaand by die NG Parys-Wes kerksaal waar inligting gegee sou word oor die beoogde verlenging van die riool-uitvallyn vanaf Tumahole, onder Wesstraat, na die rioolwerke.
Dit nadat dié vergadering nie behoorlik deur die munisipaliteit geadverteer is nie. Kennisgewings oor die vergadering is wel per hand deur die munisipaliteit afgegee vir inwoners van Wesstraat, maar talle huishoudings het gekla dat hulle nooit die kennisgewing ontvang het nie. Alle inwoners van Wesstraat, maar ook die strate wat Wesstraat kruis, sal deur die opgrawings geraak word. Boonop kon die inligting oor die beoogde verlenging toe ook nie Maandag aan die publiek gegee word nie, en het die waarnemende munisipale bestuurder, op voorstel van DA-raadslid, Arnold Schoonwinkel, ingestem dat ’n opvolgvergadering nou komende Maandag, 23 Julie om 17:30 in die NG Wes-kerksaal gehou sal word. Inwoners word sterk aangeraai om die vergadering by te woon, omdat daar reeds heelwat vrae en ongelukkigheid is oor die skuif van die beoogde verlenging van die riool-uitvallyn, wat aanvanklik gedoen sou word op die oop stuk grond wes van Allenbystraat. Opposisie raadslede sê dat hulle nou nog nie antwoorde het oor waarom die roete geskuif word om eerder onder Wesstraat te loop nie.
Rdl. Schoonwinkel het aangedring op ’n volledige koste en voordeel ontleding van die twee roete-opsies wat aan die publiek voorgelê moet word. Hy sê baie inwoners is bevrees dat die roete onder Wesstraat groot probleme sal skep met bestaande riool-, elektriese-, water- en telefoonlyne wat onder en langs die straat loop. Die vrees is dat opgrawings vir die nuwe pyplyn ‘n hoë risiko inhou vir die bestaande verbindings. Woon daarom die vergadering Maandag 23 Julie by om te hoor hoe dit jou sal raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button