NewsNews

Gewapende rowers steel selfs klere van mans se lywe af

Gewapende rowers steel selfs klere van mans se lywe af

Op Vrydag 9 November omstreeks 23:15 is ’n man in Walter Sisululaan beroof nadat hy ’n kroeg in die Wandellaan besoek het. Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba is die man deur ’n vreemdeling genader wat hom vir R10 gevra het. Die man is na ’n winkel om kleingeld te kry sodat hy vir die man die geld kon gee.

Toe hy uit die winkel kom, was hy skielik omring deur vyf gewapende mans. Een van die mans het hom op sy bors met ’n mes gesny en hom gedreig. Die mans het hom toe nie net van R750 kontant, sy selfoon en kruideniersware beroof nie, maar het ook die broek en skoene wat hy aangehad het gevat, voordat hulle gevlug het.

Saterdagmiddag om 14:20 is nog ’n man in dieselfde straat beroof. Hy het volgens Manyoba in Walter Sisululaan geloop toe twee mans hom genader het. Een het ’n mes uitgehaal en hom daarmee gedreig, waarna hulle sy leerbaadjie en R700 kontant gevat het.

Vroeg Maandagoggend omstreeks 02:30 is ’n derde man in dié straat beroof. Volgens Manyoba was die man by ’n kroeg waar hy deur die sekuriteitspersoneel van die kroeg deursoek is toe hy uitloop. Die mans het sy lisensie en selfoon gevat. Hy het na sy motor gevlug, maar hulle het hom daarheen gevolg. Die drie mans het toe glo sy motorradio probeer uithaal, maar het dit in die proses beskadig. Hulle het toe glo net sy motor se diensboekie gevat en weggeloop.

Volgens Manyoba is niemand nog in verband met die genoemde voorvalle in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek egter die voorvalle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button