Die eerste Vrystaatse dorpe het die afgelope week ten volle van analoog na digitale televisie uitsendings oorgeskakel. Dit sluit dorpe soos Steynsrus, Senekal, Ventersburg, Winburg, Marquard en Arlington in. Petrus Steyn is Donderdag 24 Januarie oorgeskakel.
Vroeƫr is verwag dat die migrasieproses reeds in Desember 2018 sou begin het, nadat verskeie sperdatums al gemis is. Die Noord-Kaap sal na die Vrystaat oorgeskakel word, en na verwagting behoort die oorskakeling in SA teen Julie 2020 voltooi te wees.
Hoewel Parys nog nie op die lys was wat uitgereik is tot en met 5 Februarie nie, is dit nodig dat jy sal weet wat die oorskakeling behels en hoe dit werk.
Wat beteken digitale migrasie dan?
Dit is die oorskakelingsproses van analoog televisie uitsendings (mense wat geen satellietskottel of dekodeerder het nie) na digitale televisie uitsending.
Wat is DTT?
Digitale TerestriĆ«le Televisie (DTT) verwys na die gebruik van ān netwerk van terrestriĆ«le (aardgebonde sendertorings, in teenstelling met satelliete in die ruimte waarvandaan seine uitgesaai word.
Wat het jy nodig om oor te skakel na DTT?
ān Dekodeerer is nodig en dit hang af van die tipe toegang in jou omgewing of dit DTT of DTH is.
Beteken dit dat jy ān nuwe M-net dekodeerder moet kry?
Ja, want jou huidige M-Net dekodeerder is ān analoog dekodeerder wat met ān digitale dekodeerder vervang moet word tensy jy DStv of TopTV het.
Wat is die voordele van digitale TV-uitsendings?
Helder klank, meer kanale, ān digitale TV-gids wat bygewerk kan word, uitstekende beeldgehalte wat nie verswak weens ān swakker TV-antenna sein nie, en uitsendings van hoĆ« definisie-beelde.
Wat moet ek doen as ek ān DStv- of Top TV-intekenaar is?
Niks nie. Die omskakeling na DTT raak net uitsendings wat deur ān terrestriĆ«le (aardgebonde) TV-antenne opgevang word. DStv- en Top TV-programme wat deur ān satellietskottel opgevang word, is reeds in digitale formaat.
Sal ek elke maand ān intekenfooi moet betaal soos vir DStv?
Nee, die dekodeerkassie word eenmalig gekoop. Jy moet egter steeds jou televisielisensie betaal soos die wet vereis.
Moet ek ān nuwe TV koop om DTT te ontvang.
Nee, alle analoĆ« TV-stelle sal DTT kan opvang. Onthou geen televisie wat tans op die mark is, sal die digitale TV-kanale sonder die dekodeerkassie kan ontvang nie. Dit beteken ān TV wat ādigitaal-gereedā of hoĆ«definisie gereed is, kan nie ān digitale televisie-uitsending sonder ān dekodeerkassie ontvang nie.
Het ek ān hoĆ« definisie TV (HD-TV) nodig vir die omskakeling na DTT?
HD-TV is nie ān vereiste om na digitale uitsendings te kyk nie, maar as die programinhoud in hoĆ« definisie opgeneem is, sal die gebruiker van ān HD-TV die beelde duideliker en in meer detail kan sien as wat met analoĆ« uitsendings moontlik was.
As ek drie TVās in die huis het, het ek dan drie dekodeerkassies nodig?
Nee, jy het slegs drie dekodeerkassies nodig as jy wil hĆŖ dat die drie op dieselfde tyd verskillende kanale moet vertoon, anders sal een kassie dieselfde program op meer TVās vertoon.
Wat as ek nie die DTT-toerusting kan bekostig nie?


Baie belangrik!
Huishoudings met ān inkomste van nie meer as R3 200 per maand, kwalifiseer vir ān gratis dekodeerkassie wat ook gratis vir jou geĆÆnstalleer word, met geen maandelikse fooie. Aansoeke hiervoor kan steeds by die poskantoor, ook in Parys gedoen word. Jy moet ān gesertifiseerde afskrif van jou ID saamvat wanneer jy gaan aansoek doen, en dan die aansoekvorm asook ān affidavid invul met betrekking tot jou inkomste.
As jy nie kwalifiseer vir die gratis dekodeerkassie en installasie nie, en ook nie reeds digitale televisie uitsendings het nie, kan jy by jou naaste kleinhandelaar gaan navraag doen. Vir navrae oor digitale migrasie skakel (012) 473 0061/0056.




