NewsNews

Sy mis haar mense

Asseblief deel hierdie boodskap en help om haar met haar regmatige eienaars te verenig.

Weet jy wie die eienaar van hierdie Jack Russel tefie is?

Sy is op ‘n grondpad opgelaai op pad na die RiverRun Resort in die Vredefort Koepel.

Johann Hattingh het haar Vrydagaand 1 Maart daar agter die kroegtoonbank raakgesien, baie getraumatiseerd en gespanne. Saterdag 2 Maart het Johann begin navraag doen oor haar. Die eienaar van die oord het self ook probeer uitvind waar presies sy opgelaai is. Daar word geglo dat sy van ‘n plaas of plot in die omgewing van die RiverRun Resort afkomstig is.

Die hondjie is baie goed versorg.

Johann het hom oor die hondjie ontferm en is sy tans  in “pleegsorg” by sy huis in Brits waar sy met baie liefde  versorg word.  Maar die hondjie is getraumatiseer en mis haar mense geweldig baie.

Sy het geen mikroskyfie waarmee haar eienaars opgespoor kan word nie.

Asseblief deel hierdie boodskap en help om haar met haar regmatige eienaars te verenig.

Indien jy kan help of die eienaar is, skakel asseblief 082 650 0885.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button