NewsNews

Nou kan jy dit beleef: Hartklop – interaktief, deelnemend

“Mense kritiseer en gebruik kerke soos filmteaters, maar iewers moet jy begin om te dien, en nie gedien te word nie.” Kommunikasie van die kerk se gehoor het die afgelope paar jaar radikaal verander. Luistervaardighede is net 6% effektief. Selfs die neurologiese funksies van die brein het verander. Juis daarom het ds. Johan Lötter van …

“Mense kritiseer en gebruik kerke soos filmteaters, maar iewers moet jy begin om te dien, en nie gedien te word nie.”

Kommunikasie van die kerk se gehoor het die afgelope paar jaar radikaal verander. Luistervaardighede is net 6% effektief. Selfs die neurologiese funksies van die brein het verander.
Juis daarom het ds. Johan Lötter van die NG Gemeente Vredefort die afgelope vier jaar navorsing gedoen om ‘n erediens- en kommunikasiestyl te ontwikkel wat meer in lyn is met die mens wat elke dag die selfoon en internet gebruik.
Sy navorsing het gelei tot informele oggenddienste wat van tyd tot tyd by dié gemeente aangebied word.
Die informele dienste skep die atmosfeer van ‘n familiebyeenkoms waar kinders en jongmense veral ook welkom is. Daar is koffie en iets om aan te peusel voor die tyd. Almal kan gemaklik aantrek en kuier om tafels. Daar is lofprysing, en almal word betrek. Mense kan selfs spontaan hul opinie lug met ‘n vraag of twee. Die boodskappe is eenvoudig met een teks, een tema, een storie.
Nou is ook met die Hartklop bediening as aparte bediening begin wat op ‘n ander wyse sal funksioneer en aanvanklik op aanddienste sal fokus. Daar word gepoog om veral ook hier jongmense te betrek, en “weg te beweeg van geykte tradisies na meer spontane deelname”. Somertye vir die Hartklop-dienste is 17:30 vir 18:00, en in die winter 17:00 vir 17:30. Die volgende dienste is op 7 en 28 April, en 5 en 26 Mei.

Nou kan jy dit kom beleef hierdie Sondag 7 April.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button