NewsNews

Polisie vind lyk van 11-jarige meisie in puttoilet

Polisie vind lyk van 11-jarige meisie in puttoilet

 

Die lyk van ‘n 11-jarige dogtertjie is Vrydag (5 April) in ‘n puttoilet naby Zeerust gevind.

Volgens Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, is Tlhalefo Mego (11) Woensdag (3 April) as vermis aangemeld. Die polisie, in samewerking met lede van die gemeenskap het vir drie dae onverpoos na haar gesoek.

Die soektog het uiteindelik tot dié gru-vonds gelei. Daar word beweer dat Mego verkrag en vermoor is waarna haar lyk in die puttoilet gegooi is.

Twee mans, onderskeidelik 24 en 25 jaar oud, is ook Vrydag in hegtenis geneem. Beide is van moord en verkragting aangekla. Die twee sal na verwagting vandag in die Lehurutshe Landdroshof verskyn.

Gen-Maj. Ryno Naidoo, waarnemende provinsiale kommissaris, het sy skoks oor die voorval uitgespreek.

“Die polisie sal alles in hulle vermoë doen om seker te maak dat die beweerde moordenaars vir hulle dade boet,”

Naidoo het polisiebeamptes bedank vir hulle harde werk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button