Hartklop het Sondagaand 7 April sy eerste informele aanddiens by die NG Gemeente Vredefort gehad.
Vanaf 17:00 die middag is lekker saamgekuier met ‘n beker koffie en muffins. Na die lofprysing het ds. Johan Lötter ‘n kort, treffende, op-die-man-af boodskap gegee.
Ten spyte van die reënweer is die geleentheid goed bygewoon. Die volgende informele aanddiens word beplan vir 28 April 2019 by NG Vredefort.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



