NewsNews

Vermeende ontvoerders steeds agter tralies

VANDERBIJLPARK. – Die drie verdagtes in die Amy’Leigh de Jager ontvoeringsaak Tharina Human (27), Pieter Jacobus van Zyl (50) en Laetitia Nel (40) is steeds in aanhouding en sal eers op 1 Oktober weet of borgtog toegestaan gaan word. Hulle word aangekla van ontvoering en afpersing. Amy’ Leigh is Maandagoggend 2 September voor die Laerskool Kollegepark …

VANDERBIJLPARK. – Die drie verdagtes in die Amy’Leigh de Jager ontvoeringsaak Tharina Human (27), Pieter Jacobus van Zyl (50) en Laetitia Nel (40) is steeds in aanhouding en sal eers op 1 Oktober weet of borgtog toegestaan gaan word.

Hulle word aangekla van ontvoering en afpersing. Amy’ Leigh is Maandagoggend 2 September voor die Laerskool Kollegepark ontvoer.  Die ontvoerders het ‘n losprys van R2 miljoen geëis, maar Amy’ Leigh is 18 uur later ongedeerd met haar ouers herenig.

Human wat ‘n graad RR-onderwyser by die Laerskool was ten tyde van die ontvoering, word beweer om die meesterbrein agter die ontvoering te wees. Tydends Vrydag 20 September se hofsitting in die Vanderbijlpark-landdroshof het ‘n emosionale en verwese Nel se skouers ruk terwyl sy sag gesnik het. Van Zyl het deurentyd kop onderstebo gesit terwyl Human voor haar uitgestaar het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button