
Nuwe regulasies vir die terugkeer van leerders na skole, is Dinsdag 7 Julie in die Staatskoerant gepubliseer.
Hiervolgens sal leerders nou op dié datums terugkeer skool toe:
20 Julie
Gr. 3 en Gr. 10
Vaardigheidskole: Jaar 3
Skole vir leerlinge met ernstige intellektuele gestremdhede (SID) – Gr R en Gr 3 asook finale jaar beroepsgerig
Leerders met ernstige en diepgaande intellektuele gestremdhede (LSPID) – Jaar 3
Skole met outistiese leerders – finale jaar (18 jaar en ouer)
27 Julie
Gr. 1 en Gr. 2
Vaardigheidskole: Jaar 2
SID: Gr 1 en Gr. 2
LSPID: Jaar 1 & 2
Skole met Outistiese leerlinge – Junior groep (jonger as 13)
17 Augustus:
Gr 4 en Gr. 9
Jaar 1 in vaardigheidskole en skole met outistiese leerlinge – senior groep (13 jaar en ouer)
31 Augustus
Gr 5 en Gr. 8
SID Gr 4 en Gr. 5 leerders
Graad 12, graad 7, graad 11, graad 6 en graad R leerders is reeds terug by die skool





