Local newsNews

Bye-aanval: Dringende waarskuwing – vermy hierdie omgewing

Verskeie mense en diere is reeds vanoggend hier deur die bye gesteek.

Daar is geweldig baie bye in Freedmanstraat en verskeie mense en diere, ook in omliggende strate soos Loop-, Wes- en Uniestraat is vanoggend deur die bye gesteek. Mense word baie dringend gewaarsku om hierdie omgewing te vermy. Die situasie is lewensgevaarlik.

Mense kan nie in of uit hul huise beweeg nie.

Hou jou troeteldiere in die huis en maak vensters en deure toe waar moontlik. Maak ook seker jou kinders beweeg nie na buite toe nie.

Perde wat 'n perdekar getrek het is ook deur die bye aangeval. Foto: Verskaf
Perde wat ‘n perdekar getrek het, is ook deur die bye aangeval. Foto: Verskaf

Noodmediese personeel is steeds op die toneel om hulp te verleen waar ‘n dame vanoggend in Uniestraat deur die bye gesteek is, terwyl die DBV-personeel ook bystand op die toneel verleen.

Twee perde van ‘n perdekar en verskeie honde en mense is deur die bye aangeval. Van die honde is reeds na die veeats geneem, terwyl daar ook omgesien word na die perde.

Daar is geweldig baie bye in Freedmanstraat en verskeie mense en diere in omliggende strate is reeds vanogeend deur die bye gesteek. Foto: Verskaf
Daar is geweldig baie bye in Freedmanstraat en verskeie mense en diere in omliggende strate is reeds vanogeend deur die bye gesteek. Foto: Verskaf

Bly asseblief weg hier. Die situasie is uiters gevaarlik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button