
‘n Boom het gister, 10 November, omstreeks 11:30 ‘n karavaan in McRoodelaan naby die N12 plat geval.
Die munisipaliteit se parke afdeling en die brandweer was op die toneel om die boom op te saag en die karavaanwrak af te verwyder. Gelukkig is niemand tydens die voorval beseer nie. Plaaslike verkeer was ook op die toneel.
Na wat verneem word was die eienaar op pad terug van vakansie af toe die boom op sy karavaan beland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




