

Die bloeddiens het Dinsdag 10 November 47 eenhede bloed in Parys ingesamel. As jy die geleentheid misgeloop het, is daar môre, Dondedag 12 November, weer geleentheid vir Parysenaars om bloed te skenk by die Hervormde kerksaal vanaf 12:00 tot 18:00.
Met die feesseisoen wat voorlê is bloedvoorraad juis nou baie nodig. Die doelwit vir Donderdag se mobiele kliniek is 60 eenhede bloed.
Kom lewer jou bydrae en ontvang ‘n geskenk van die bloeddiens wat gegee sal word as blyk van waardering vir elke bloedskenker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



