
https://potchefstroomherald.co.za/81552/gruwelplaas-verhoor-begin/
Die Die NDBV het dit, die plaas van gruwels bestempel. Ten tyde van die voorval was Modise die Premier van die Noordwes gewees. Parys Gazette se susterskoerant, Potchefstroom Herald, wat een van die eerste publikasies was wat oor die voorval berig het, se redakteur is Woensdagoggend as ‘n getuie opgeroep. Dustin Wetdewich wat in 2014 nog ‘n algemene verslaggewer was, het verskeie fotos geneem wat dooie diere in verskeie stadiums van ontbinding wys. Netwerk24 berig dat Grace de Lange, senior inspekteur by die DBV, getuig het dat sy gesien het hoe uitgehongerde varke ‘n pasgebore vark opvreet. Luidens die klagstaat is meer as 224 diere uitgesit.
Dr. Sameer Abbas het ook Woensdag begin getuig. Die verhoor duur voort.



