NewsNews

Drie sterf, nooddienswerkers beseer in N1-tragedie

Skoktoneel op N1

   

‘n Gru-toneel op die N1 sowat 100m van die Koppies-afrit, het Dinsdag 2 Februarie nie net die lewens van twee mense ge-eis nie, maar is ‘n nooddienswerker dood en ses nooddienswerkers  beseer in ‘n sekondêre botsing terwyl hulle nog besig was om hulp te verleen op die aanvanklike botsingstoneel.

Die eerste ongeluk het net voor 12:00  gebeur toe ‘n Sedan motor in swaar reën met ‘n vragmotor gebots het. Met die impak van die botsing is die voertuig in twee geskeur en het ‘n gedeelte van die motor onder die vragmotor beland. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

Nooddienste het na die toneel gehaas waar ‘n terugrol insleepvoertuig van Prinsloo Recoveries moes help om die vragmotor te lig sodat die insittenders van die motor uit die wrak gehaal kon word.

Skaars ‘n uur en half later terwyl die brandweerdiens van Kroonstad, Ngwathe se reddingsvoertuig, SAPD-lede, die polisie se forensiese deskundiges, provinsiale verkeer, die Vrystaatse provinsiale ambulansdiens en N1 Route Patrol nog op die toneel besig was, het ‘n aankomende  vragmotor deur die ongelukstoneel gebars en die Ngwathe reddingsvoertuig, brandweervoertuig, dubbelkajuit bakkie van die polisie se forensiese diens, die insleepvoertuig, verkeer en N1 Route Patrol voertuie getref.  

DIe insleepvoertuig wat ook in die sekondêre botsing getref is toe ‘n vragmotor deur die aanvanklike ongelukstoneel gebars het.

In die chaos wat in hierdie oomblik losgebars het, het nooddienswerkers angstig hulp na die toneel ontbied op noodgroepe.

Paramedici van Intensive Medical Rescue, Netcare, ER24, EMS Chaplaincy & Trauma Support,  Community Care, Vrystaat Nood Mediese Dienste, Vaal Emergency Services en Community Care het hulp op die toneel verleen om die ses beseerde nooddienswerkers en beseerde bestuurder van die vragmotor wat teen die noodvoertuie gebots het, na die Vaalpark, Emfuleni en Boitumelo hospitale onderskeidelik te vervoer.

Ses van die beseerdes se toestand is ernstig terwyl die sewende beseerde ligter beserings het.  

Roerende tonele op die botsingstoneel waar nooddienswerkers mekaar vertroos het. Foto: Community Care.  

Naas die twee insittendes van die voertuig wat in die eerste ongeluk noodlottig beseer is, het ‘n nooddienswerker ook in die sekondêre botsing gesterf.

Die pad is net na 21:00 weer vir verkeer oopgestel nadat dit ure lank gesluit was vir opruimingswerk op die botsingstoneel.    

Ons innige medelye met die familie en gesinne van hulle wat gesterf het. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button