Afslag swendelaar uiteindelik vasgetrek
Dankie vir sulke flinke optrede


Danksy die vinnige optrede van n lid van die publiek, die polisie en bestuur van Checkers is n vrou vanmiddag in hegtenis vir die kruideniers ‘afslag’ slenter waarmee talle bejaardes in Parys al van hul swaarverdiende geld beroof is.
Toe die vrou in die winkel deur die swendelaars genader is terwyl sy haar inkopies gedoen het met die storie dat sy afslag op haar aankope kan kry, het sy dadelik onraad vermoed en die winkelbestuur se aandag getrek waarop die swendelaar deur vinnige optrede van die polisie gevang kon word.
Hierdie was net weer n bewys van hoe waardevol die publiek se oplettendheid is in die suksesvolle bekamping van misdaad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



