News

Beurtkrag: Vooruitsigte lyk maar donker ná naweek se terugslae

Vooruitsigte lyk nog donker vir kragvoorsiening

Terwyl Suid-Afrikaners hul sal moet staal vir nog ‘n week van beurtkrag met fase 2 wat tot 05:00 Saterdag ingestel is, het die vooruitsig vir die beeindiging van beurtkrag ná die naweek selfs nog skraler gelyk.

Ten spyte daarvan dat beurtkrag ook dwarsdeur die naweek oor die hele land toegepas is, het probleme in Zambië  die kragnetwerk hier geraak en krag van Cahora Basa met 1 000 MW verminder.

By Tutuka-kragstasie was daar oor die naweek probleme met ‘n opwekkingseenheid en nog een van die kragstasie se eenhede moes afgeskakel word.

‘n Eenheid by Medupi en ‘n eenheid by Matla kragstasie het ook Sondag onklaar geraak. Daarbenewens is daar  die vrees oor die beskikbaarheid van diesel wat kritiek laag is en grootmaat diesel wat eers later die maand beskikbaar sal wees.

Hou dus maar jou batterye gelaai, koop ‘n paar ekstra kerse en hou ‘n paar waterkanne vol water, want die einde is nog nie in sig nie en watervoorsiening sal weens beurtkrag ook in Parys geraak word omdat daar nie noodkragopwekkers by die dorp se waterwerke is nie.

Onthou ook om elektriese toestelle waar moontlik voor beurtkrag af te skakel en eers n paar minute nadat krag weer aangekom het aan te skakel om jou elektriese toestelle te beskerm.  

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button