News

Bond vir Oudpolisiebeamptes vier 40 jaar vir Parys-tak

Bond vir Oudpolisiebeamptes vier 40 jaar vir Parys-tak

 

 

Die Bond van Oudpolisiebeamptes Parys-tak het verlede Saterdag sy 40ste bestaansjaar met ‘n spog geleentheid by The Dell gevier.
In sy boodskap het gasspreker, kol. Stompie du Pont, verwys na die vriendskap tussen oudpolisielede wat lid is van die Bond as ‘n goue ketting wat soos duur juwele gekoester en waardeer word. Deur diep herinnerings blink gehou word, met prag oor jare, en vreugde dag na dag.
Hy het ook verwys na die stigting van die eerste tak van die Bond destyds in Pretoria, en die boodskap van genl. De Villiers om nie mede-kollegas te vergeet nie, maar “vas te hou aan die herinneringe van die verlede wat rustigheid in die oudag bring.”
Hy het ‘n beroep gedoen op Bond-lede en ander oudpolisiebeamptes om die huidige polisiemag te ondersteun en afbrekende kritiek te vermy.

Daar is destyds van die Vaalrivier-tak afgestig om die Parys-tak op 14 Februarie 1981 te stig. Hier word heerlik saam gekuier tydens die 40-jaar viering.

 

“Dankie dat ons as bejaardes nog met mekaar kan kommunikeer en die polisienaam hoog kan hou. Hou aan kommunikeer met mekaar, die publiek en die huidige mag. Ons is polisiemanne. Kom ons kyk na mekaar.”
Hy het ook die wens uitgespreek dat dit goed sal gaan met die Parys-tak in die jare wat volg.
‘n Boodskap van gelukwense is ook deur Daan Cilliers van die Vaalrivier-tak oorgedra. Daar is destyds van die Vaalrivier-tak afgestig om die Parys-tak op 14 Februarie 1981 te stig.
Oor die afgelope 40 jaar was Johan Stassen, Hendrik Visagie, Hennie Brand, Herman Pieterse, Louis Verwey, Paul Aucamp en Braam Augustyn die voorsitters van die Bond se plaaslike tak, met Chris Koch wat die huidige voorsitter is.
Die Bond van Oudpolisiebeamptes sien om na die belange van afgetrede polisiebeamptes en reik ‘n hand van vriendskap en meelewing uit na mekaar deur sosiale byeenkomste van die Bond. Belangstellende oud-lede kan vir Vivienne Koch by 083 477 4310, of Chris Koch by 083 625 6139 skakel vir meer inligting.
Tydens voorverlede Saterdag se gesellige 40ste bestaansjaarviering is 70 jaar balkies aan Lida du Plessis en Jan Ackerman oorhandig.

Van links is Jan Ackerman, Chris Koch (Bond-voorsitter Parys-tak), Lida du Plessis en Vivienne Koch. Sewentig jaar balkies is aan Jan en Lida oorhandig.

Kapelaan Frans Vermaak het die verrigtinge geopen met sy boodskap uit Kolossense 2:8 & 9.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button