News

Drie gevang vir sameswering tot moord vir versekeringsgeld

Drie gevang vir sameswering tot moord vir versekeringsgeld

 

Drie verdagtes tussen die ouderdom van 39 en 42 is in Viljoenskroon gearresteer vir n beweerde moordkomplot op een van die verdagtes se familielede vir voordeel uit n versekeringspolis

Die polisie se Trio taakspanlede het inligting opgevolg dat die verdagtes van Viljoenskroon na Bothaville onderweg was om hul moordkomplot uit te voer by een van die verdagtes se huis.

Die Trio Taakspan het bystand van lede van die Viljoenskroon Speurdiens en misdaadvoorkoming gekry waarna twee mans en n vrou toe by die huis in Viljoenskroon gearresteer is.

Die vroulike verdagte was na bewering die meesterbrein agter die komplot, en was ook die polishouer en familielid van die slagoffer.

Die 3 verskyn Woensdag 4 Mei in Bothaville voor die hof op klafte van sameswering tot moord en poging tot moord.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button