Verkiesingsuitslae Sondag bekend
Alle besware kwessies sal eers hanteer word voordat die uitslae amptelik aangekondig word.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal Sondag 8 November om 18:00 amptelik die uitslae van die 2026 Munisipale Verkiesing bekendmaak. Die verwagting was dat die tel van stemme Saterdagaand afgehandel sou wees.
Partye wat besware gehad het, moes dit voor Vrydag 6 November om 17:00 ingedien het.
Volgens OVK-voorsitter Mosotho Moepya, is daar teen 15:00, Saterdag 7 November, ‘n totaal van 197 beware ontvang.
Hiervan is 54 van die hand gewys, agt is onttrek en twee is teruggehou.
Stemme in vyf wyke sal oorgetel word. Dit sluit in wyke 57 en 102 in Tshwane, wyk 19 in Manguang, wyk 4 in Thaba Chweu en wyk 12 in die Breede Vallei munisipaliteit.
Die OVK sal eers alle uitstaande kwessies rondom besware finaliseer voordat die verkiesingsuitslae amptelik bekendgemaak word.



