NewsNews

Dirk du Plessis se kennis en raad sal gemis word

Ons opregte medelye met sy gesin en familie

Mnr. Dirk du Plessis, wat allerweë as ’n ware heer van die kleinveebedryf beskryf is, is in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Sy gesondheidstoestand het die afgelope twee jaar baie agteruitgegaan, en het hy dikwels in pyn verkeer.

Ná ’n operasie sowat sewe weke gelede waartydens albei sy bene geamputeer is, is hy op 12 Mei in ’n hospitaal in Sandton oorlede.

Dirk du Plessis. Foto-erkenning: Johan Norval.

Du Plessis was sedert 1971 lid van die Merino Landskaap Genootskap, en was een van die oudste lede van SA Stamboek. Hy het op die plaas Verdeeld in die Koppies-distrik geboer.
Sy pa het in 1957 sy eerste Merino Landskaap aangekoop, en was een van die lede wat die genootskap gestig en by Stamboek geaffilieer het.
In Mei 1960 het Dirk as ’n jong man met ’n groep Merino Landskape per boot vanaf Hamburg na Suid-Afrika gereis. Hy was ook langer as 20 jaar lid van die Merino Landskaapraad en was van 2006 tot 2010 die voorsitter.
Volgens mev. Erna Hattingh, die rasdirekteur, het hy diep spore in die voortbou van die ras getrap, en sal sy kennis en raad verseker gemis word.
Hy word deur sy vrou Jane, seuns Ben en Wicus en ’n dogter Elsabé en hulle gesinne oorleef. Sy begrafnis is Maandag, 23 Mei in Koppies.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button