

Sensoriese stimulasie is baie belangrik vir pasiënte met Alzheimer se siekte.
Vir dié terapie is dit so eenvoudig soos om ‘n kombersie te maak met allerlei items waaraan gevroetel en mee gespeel kan word, stewig daarop vasgewerk sodat dit veilig sal wees vir die pasiënt om sensoriese stimulasie hieruit te kry.

Vandeesmaand is mense gevra om te help met lappies van sowat 60 x 60cm wat gebrei of gehekel kan word met enige wol en in enige kleur. Die lappies sal dan onder meer aan die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes in Parys, en Samuel Broadbent in Potchefstroom oorhandig word vir hul Alzheimer pasiënte.

Van die 40 lappies wat benodig word, is daar nou reeds 20. Halfpad na die doelwit!
Donasies vir wol, ritssluiters, knope, krale en lint is ook nodig sodat met dié lappies dan sogenaamde sensoriese kombersies vir die Alzheimer pasiënte gemaak kan word.
Die idee is om dan soveel moontlik veilige items waaraan jy kan vroetel en mee kan speel, stewig aan die lappies vas te werk. Die sluitingsdatum vir die projek is 31 Mei.
As jy kan help of graag ‘n bydrae wil gee, skakel 079 386 2831 of gee jou bydrae af by Anna Patat in Breëstraat, Parys.





