NewsNews

AfriForum-tak dreig met regstappe as raad nie kom met plan oor riool

Aangesien die storting van riool onwettig is, veral in ’n plek wat water voorsien soos die Vaalrivier, het die AfriForum-tak die munisipaliteit se lisensies vir die bedryf van die rioolwerke aangevra

Viljoenskroon – Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit op  terme geplaas oor die haglike toestand in Viljoenskroon as gevolg van die dorp se rioolprobleme.

Aangesien riool wat vry rondvloei  ’n probleem is wat nou al vir ten minste sewe jaar kom, moet die munisipaliteit nou spoedig iets daaraan doen, het die burgerregte organisasie in ‘n verklaring gesê.

’n Besoek aan die plaaslike rioolwerke het gewys dat dit nie op standaard is nie en dat baie riool nie eers by die rioolwerke uitkom nie. Viljoenskroon, Rammulotsi en die Vleiland word dikwels met riool oorspoel en op verskeie plekke in hierdie areas het riooldamme begin vorm.

Mahemsvlei, die bewarea, word ook besoedel en daardie water vloei na die Vaalrivier. “Die dam wat vir ontspanningsdoeleindes daargestel is, is so vol riool dat niemand dit meer kan besoek nie,” sê die organisasie.

Riool loop deur huise en is die rioolprobleem ook al ‘n enorme uitdaging  by die Ano Maseola-kliniek in Rammulotsi.

 

Die probleem woord deels veroorsaak as gevolg van die feit dat die rioolstelsel vir 7 000 inwoners ontwerp en gebou is, en dat dit tans deur meer as 111 000 inwoners gebruik moet word, sê AfriForum. Die organisasie sê ’n verdere probleem is dat die eienaars van diere wat vry rondloop waarskynlik die rioolnetwerk beskadig om water vir hulle vee te kry. “”Die netwerk is nie beveilig nie en daar is ook nie voldoende sekuriteit nie.””

“Daar is dikwels onbevoegde kontrakteurs aangestel wat die probleem nie opgelos het nie, maar eintlik vererger het,” sê AfriForum in sy verklaring.

Aangesien die storting van riool onwettig is, veral in ’n plek wat water voorsien soos die Vaalrivier, het die AfriForum-tak die munisipaliteit se lisensies vir die bedryf van die rioolwerke aangevra. Hulle word gemaan om die werke op standaard te bring en iets daadwerkliks te doen aan die rioolstortings oral in die distrik.

Die munisipaliteit is nou tyd gegee tot 17 Junie om met ’n plan vorendag te kom, waarna  die tak regstappe sal neem,  sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by AfriForum betrokke te raak. SMS “Viljoenskroon” na 45344 (R1) om betrokke te raak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button