NewsNews

Skenking sal help om grafte in konsentrasiekampkerkhof te bewaar

Grafte in die Heilbron konsentrasiekampkerkhof sal in die toekoms beter beskerm kan word.

Dit is danksy ‘n skenking van R25 000 van Avbob se hoofkantoor.
Die skenking kom nadat ‘n geskil tussen die FAK en Avbob vreedsaam opgelos kon word nadat ‘n Avbob-werknemer deur FAK-lede en vrywilligers gesien is toe hy oor die historiese grafte na ‘n nuwer deel van die begraafplaas gery het.
Die FAK-lede en vrywilligers was juis Saterdag, 4 Junie besig om dreineringspype in die konsentrasiekampkerkhof te lê toe die voorval plaasgevind het.
Avbob se hoofkantoor het na die voorval hul onvoorwaardelike verskoning aangebied, en aangedui dat hulle wil help om die historiese grafte te bewaar. R25 000 is toe deur die onderneming bewillig sodat opknappingswerk in die konsentrasiekampkerkhof gedoen kan word.
Met die swaar reën wat vroeër vanjaar in die Heilbron-omgewing geval het, het die Heilbron konsentrasiekampbegraafplaas vir die soveelste keer oorstroom, en het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in samewerking met Die Erfenisstigting en AfriForum aan die werk gespring om ‘n einde aan die dam water in dié begraafplaas te maak.

Met die swaar reën vroeër vanjaar toe die konsentrasiekampkerkhof in Heilbron oorstroom het. 

Die dreineringspype sal nou keer dat die konsentrasiekampkerkhof weer oorstroom, en is die plan om ook paaltjies in die kerkhof te plant sodat mense nie hier oor die historiese grafte sal ry nie.

Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) is 1 124 bejaardes, vroue en kinders in hierdie konsentrasiekamp oorlede. Die konsentrasiekampkerkhof is in die middel van die Heilbron-begraafplaas. Foto’s: Verskaf

FAK-lede en vrywilligers het vroeër vandeesmaand gehelp om dreineringspype in die konsentrasiekampkerkhof te lê.

Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) is 1 124 bejaardes, vroue en kinders in hierdie konsentrasiekamp oorlede.
Die konsentrasiekampkerkhof is in die middel van die begraafplaas.
Die AfriForum-tak in Heilbron het ook op 22 April ‘n prokureursbrief en ‘n aanmaning aan Francis Moeketsi, die munisipale bestuurder in Heilbron, laat beteken.
Dit nadat dit aan die lig gekom het dat daar steeds afgestorwenes in die ou begraafplaas begrawe word nadat dit reeds in 2007 as vol verklaar is.
Moeketsi is deur die burgemeester van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, Victoria de Beer, belet om weer afgestorwenes in hierdie begraafplaas te begrawe, maar daarna is ten minste nog vier mense daar begrawe, sê AfriForum.
“Afgestorwenes word in die bestaande paadjies, wat vir ‘n spesifieke doel in die begraafplaas is, begrawe.”
“Dit het tot gevolg dat die grafte wat mense jare gelede gekoop het, ontoeganklik geword het omdat ‘n lykswa nie naby dié grafte kan stilhou nie,” het AfriForum in ‘n verklaring gesê
As gevolg van die onwettige grafte vorm walle, en kan die water nie wegvloei wanneer daar swaar reën is nie.
AfriForum het vroeër ook aangedui dat hy verdere stappe sal neem as daar nie gehoor gegee word aan die aanmaning nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button