Dorp se Jan Windpomp maak weer naam met slim patent
Parysenaars ken die 77-jarige Jan Jacobs vir die vele planne wat hy al gemaak het. ’n Man wat ken van windpompe en ken van boer. En dis sy mi-niatuur windpompe waarvan daar al selfs een na Engeland uitgevoer is, wat nou weer vir hom erkenning besorg het.

Oom Jan spog vanjaar met ’n derde plek in die Huishoudelike-/Tuinversierings-afdeling by die Graan SA/Omnia Boerepatente-kompetisie. Naas sy miniatuur windpomp wat soos die ware Jakob lyk met die fynste detail, het hy ook ’n pendulum windpomp ingeskryf wat geen slytasie het, vertel dié trotse planmaker. Hy skryf al 11 jaar lank in vir die Boerepatente-kompetisie en het in 2014 met sy 25 patente wat hy ingeskryf het, ook ’n derde prys vir sy windpomptoerusting verower in die kategorie vir Masjinerie, Implemente en Landboutoerusting. Dan was daar ook nog in 2005 ’n eerste prys vir hom by die einste kompetisie vir sy patent van ’n windpomp met ’n ewenaar. Sy eerste windpomp het hy in 1966 gebou en sedertdien is dit al meer as 50 jaar dat hy met windpompe doenig is.(Kyk ook elders op Parys Gazette se webtuiste na ‘n video van hoe die pendulum windpomp van Jan Jacobs werk).