NewsNews

Maak seker wie jy in jou huis toelaat

Die polisie waarsku alle inwoners om onder geen omstandighede vreemde mense in jou huis of erf toe te laat nie. Oppas vir slenters soos mense wat vra om die badkamer te gebruik, hul sou voordoen as voornemende huiskopers net om jou dan te besteel wanneer hulle alleen gelaat word om die huis te “besigtig”, of selfs mense wat kwansuis van ’n departement of ander instansie is om ’n “opname|” te doen.

Maak seker dat jy, alvorens jy iemand in jou huis toelaat, eers seker is dat jy die persoon se aanstellingsertikaat gesien het, en ’n behoorlike bewys van identifikasie getoon kan word. Gaan selfs die besonderhede wat verskaf word na as jy enigsins sou twyfel.
Moet veral nooit die “besoeker” alleen laat wanneer jy wel besluit om hul in jou huis toe te laat nie. Verskeie voorvalle is reeds die afgelope tyd in Parys gerapporteer waar mense besteel is deur hierdie “besoekers” wat nie altyd is wie hulle voorgee om te wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button