Local news

Leer by bekroonde bekroonde skrywer en joernalis Carla van der Spuy

As jy hou van stories en stories vertel, skuil daar dalk ‘n skrywer in jou! Gee jouself die kans om dit te ontdek Die skrywer en joernalis, Carla van der Spuy, is eersdaags in Parys wanneer sy die aanbieder sal wees van die ATKV Vredefort Koepel se Herfs Skryfwerkswinkel wat op 22 April in Parys …

As jy hou van stories en stories vertel, skuil daar dalk ‘n skrywer in jou! Gee jouself die kans om dit te ontdek
Die skrywer en joernalis, Carla van der Spuy, is eersdaags in Parys wanneer sy die aanbieder sal wees van die ATKV Vredefort Koepel se Herfs Skryfwerkswinkel wat op 22 April in Parys gehou word. As jy al gedink daaraan gedink het dat jy ‘n boek kan skryf, maak nie saak watter genre nie, dan is hierdie jou kans. Kom leer by Carla. Skryf in en begin
jou eie skryfavontuur! Dit kan jy doen by Gentle Breeze Retreat in Grewarlaan 16 saam met ander voornemende skrywers.
Carla is al byna 50 jaar lank ‘n joernalis en skrywer. Sy vryskut veral vir Beeld, Vrouekeur en Rooi
Rose. Sy was ook jare lank Noordwes korrespondent vir Jacaranda FM.
Carla het al verskeie skryfskole aangebied saam met die ATKV, veral in Centurion, die Kalahari en Namibië. Tydens die
pandemie het sy aanlynskryfskole aangebied.
Sy het al twee keer die “Best Real Life Story” toekenning van die Caxton Magazine Excellence Awards ontvang en het ses keer ‘n merietetoekenning ontvang.
Daar het al 8 nie-fiksie boeke uit haar pen verskyn wat hoofsaaklik by LAPA en NB Uitgewers uitgegee is. Twee hiervan was ook topverkopers.
Hierbenewens is Carla ‘n ervare beoordelaar van skryfkuns.
As jy net ‘n ywerige boekwurm is en nie noodwendig self wil skryf nie, kan jy die Boekbekendstelling
van Carla se nuutste pennevrug, Gangster, die middag van die 22ste bywoon. Vir navrae oor die skrywerkswinkel en boekbekendstellling kontak Corlia Kruger kontak by 082 732 0257 of corliwent@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button