NewsNews

Nege van Parys speel in Noordwes Rolbal-enkelkampioenskap

Nege spelers van Parys-rolbalklub het ingeskryf vir die Noordwes Rolbal enkelspelkampioenskappe wat hierdie naweek begin.

Nege spelers van Parys-rolbalklub het ingeskryf vir die Noordwes Rolbal enkelspelkampioenskappe wat hierdie naweek begin.
Die aksie vir die drie vroue, Tracy Jacobs, Magdel O’Dono-ghue en Gesina Kritzinger, vind in Klerksdorp plaas by die Klerksdorp-rolbalklub. Die ses mans wat ingeskryf het is Raymond Laubser, Rudi Jacobs, Jaco Nel, Dries de Jager en Henk Prinsloo. Hulle speel by Strathvaal in Stilfontein of  die Buiteklub in Potchefstroom. Marius Botha van Parys gaan outomaties deur na die volgende ronde, aangesien sy opponent in die eerste ronde onttrek het.*Die Jacobs egpaar, Rudi en Tracy, ook van Parys, vertrek eersdaags na Kimberley vir die Nasionale Gemengde Pare kampioenskap. Rudi is ook weer ingesluit in die Protea rolbalspan wat in November en Desember in Christchurch, Nieu-Seeland aan die wêreltoernooi gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button