Parysenaars skitter later vanjaar by SACOPA nasionale kampioenskappe
Baie geluk aan hierdie leerders

‘n Aantal leerders van Parys het die naweek van 14 tot 16 Junie aan die semi-finale uitdunrondtes van The South African Championships of the Performing Arts (SACOPA) deelgeneem.
Die leerders is Alaina Vorster (Noordwes – dans), Carli de Jager (Noordwes – dans; Vrystaat – drama en model), Reuben de Jager (Vrystaat – drama), Caylin Tollmay (Noordwes – dans; Vrystaat – drama), Leandrie Connoway (Noordwes – dans), Almony Pretorius (Vrystaat – drama), Nicola Kotze (Noordwes – dans, Vrystaat – drama), Melanie Jooste (Vrystaat – drama), Mieke Small (Noordwes – dans; Vrystaat – drama), Lané Bouwer (Vrystaat – model), Anri Herbst (Noordwes – dans) en Vivienne van der Schyff, ‘n oud Parys-skolier en tans leerder van Eunice High School for Girls in Bloemfontein (Vrystaat – drama en modelwerk.
Hierdie leerders sal nou van 29 September tot 7 Oktober aan die SACOPA kampioenskappe in Rustenburg deelneem.









Die drama-items is afgerig deur Linda Theron van Linda Theron Drama Studios, dans deur Aldanté Dansskool en ballet deur Adel van der Westhuizen, terwyl die mo-delle afgerig is deur AnaQuin Parys modelling academy.



