
Hoërskool Parys het rede om trots te wees met ses van sy leer-ders wat onder die top 20 in die Vrystaat is in vanjaar se nasionale senior Afrikaanse Olimpiade.
Ananje Steenkamp behaal ‘n tweede plek in die Vrystaat, en ‘n elfde plek nasionaal. Maritza Nel behaal ‘n vierde plek in die Vrystaat en ‘n vyftiende plek nasionaal, terwyl Kyla Coetzee en Antje Koekemoer gesamentlik ‘n 5de plek in die Vrystaat en ‘n sestiende plek nasionaal behaal het. Yaounde Litchfield en Elandri Olwage was gesamentlik negende in die Vrystaat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



