Spesiale stemme: Maak seker jy kan stem in die landwye munisipale verkiesing
Aansoeke sluit op 12 Oktober.
‘n Spesiale stem laat stemgeregtigde kiesers wat nie op 4 November by die stemlokaal waar hul geregistreer is kan stem nie, toe om vooraf te stem.
Aansoeke vir spesiale stemme vir die komende landwye munisipale verkiesing sluit op 12 Oktober om 17:00.
Wie kan vir spesiale stemme aansoek doen?
- Gestremdes
- Swanger vroue
- Bejaardes
- Mense wat weens werksverpligtinge nie op stemdag sal kan stem nie.
Wanneer stem kiesers wat vir ‘n spesiale stem geregistreer en gekwalifiseer het?
2 en 3 November

Waar stem jy as jy vir ‘n spesiale stem aansoek gedoen het
- By die stemlokaal waar jy geregistreer is
- Alternatiewelik is daar tuisbesoeke op die genoemde dae vir spesiale stemme tussen 07:00 en 21:00. Jy sal moet seker maak jy is tuis want OVK-beamptes kan nie terugkeer na adresse waar kiesers nie tuis sou wees nie.
Hoe doen jy aansoek?
Aansoek vir ‘n spesiale stem kan aanlyn gedoen word by https://registertovote.elections.org.za/voter/specialvotes/application/submit
Kan jy by enige stemlokaal stem as jy vir ‘n spesiale stem geregistreer het?
As jou aansoek vir ‘n spesiale stem aanvaar is, beteken dit nie dat jy by enige stemlokaal kan stem nie.
Jy moet steeds by die stemlokaal waar jy geregistreer het, stem.
Maak seker by watter stemlokaal jy geregistreer is
Volg die skakel https://maps.elections.org.za/vsfinder/



