Driehonderd parkruns vir Helena
Sy vertel haar motivering om te begin met parkrun, was die bekende Comrades en ultramarathon legende, Bruce Fordyce.

Toe parkrun vir die eerste keer in November 2005 in Parys gehou is, was Helena Ackerman daar – gereed om die 5 km roete
aan te pak.
Voorverlede naweek het sy haar 300ste parkrun voltooi. ‘n Besondere mylpaal na maande se uithou en aanhou, maar dit is die
‘geniet’ van elke parkrun wat vir haar uitstaan.
Sy vertel haar motivering om te begin met parkrun, was die bekende Comrades en ultramarathon legende, Bruce Fordyce.
Bruce het as hoof uitvoerende beampte van parkrun SA, destyds met die stigting van parkrun in Parys, kom gesels oor wat
parkrun is.
As kind was hy al haar inspirasie en onthou sy hoe hulle naby Polly Shorts gebly het. Die steil heuwel van by die 8 km net buite
Pietermaritzbug vorm deel van die Comrades-roete, en is bekend vir die geweldige uitdaging wat dit aan deelnemers bied.

Wanneer sy die TV-kommentator sou hoor sê dat Bruce naby Polly Shorts is, het ‘n jong Helena die twee blokke van
haar ouerhuis na Polly Shorts gehardloop om hom langs die steilte te gaan aanmoedig. Sy was van jongs af ‘n atleet,
en het ook hokkie gespeel en geswem.
Deur die jare het sy aanhou oefen. Toe parkrun in Parys bekendgestel is, was dit die ideale geleentheid om elke Saterdag die prag 5 km roete langs die Vaalrivieroewer te kon voltooi. Sy het ook verskeie ander parkrun roetes in ander dorpe gedoen.
Hoewel dit nie altyd moontlik is om elke parkrun te doen nie, probeer Helena om Saterdae op haar pos te wees as daar weggespring word vir die Egweni River Lodge parkrun.



