News

Groot atletiekname môre in Parys in aksie vir gewilde straatmyl

Of jy kom kyk, saam stap of hardloop - maak seker jy is daar!

Maak seker jy mis nie Woensdag 11 Oktober se straatmyl aksie in Parys se hoofstraat nie. Groot name in atletiekkringe wat sal deelneem sluit in Ina du Plessis, Nkosinathi Sibiya,  Charné Swart, Danielle Verster en nie minder nie as 16 Elite mans kategorie inskrywings wat almal op ‘n stadium die kampioenkroon gedra het.

Maar dit is nie net van ons land se voorste atlete wat  in aksie sal wees nie. Die straatmyl is vir almal met selfs ‘n groep bejaardes van Sally Martin Park tussen die ouderdom van 64 en 79 jaar wat deelneem, asook Rotariërs, vriende en familie – oud en jonk.

Die myl  word weer deur Parys se Rotariërklub in samewerking met Parys Info & Tourism aangebied, en volg op die groot sukses van die eerste straatmyl vroeër vanjaar.

Die straatmyl is ook baie gewild onder besighede as ideale spanbou geleentheid, en vir die hele gesin – die kleinspan ingesluit.

Dit is ‘n ongelooflike feesatmosfeer wat jy in Parys se hoofstraat sal kry vanaf 15:00 wanneer die eerste groep, die Rising Stars Boys and Girls, wegspring vir die halfmyl.

 

Foto: Christiaan Cloete

Die Elite Race vir dames en mans spring om 17:30 en 17:45 onderskeidelik weg.

Dit is die ideale geleentheid om die dorp se gasvryheid op sy beste te beleef wanneer mense deelnemers langs die pad sal aanmoedig.

Soos vroeër vanjaar is daar weer R50 000 in kontant in totaal op die spel, met die Elite Race wenners wat elkeen R10 000 huis toe neem

Boonop wag daar ‘n medalje vir elke deelnemer.

Onthou dat verkeer herlei sal word vir die duur van die straatmyl.  Die pad sal vanaf 13:00 gesluit word by die h/v Loop- en Waterstraat (by Welkom kafee) tot by die skeepsvraghouers (Container) in Parys se hoofstraat. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button