Local newsNews

Name bekend van leerders wat sterf in Riebeeckstad-busramp

Ons diepe medelye met die families van hierdie leerders

Die kantoor van die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat het vanmiddag, Donderdag 8 Februarie nadat die nodige protokol gevolg is, en met in agneming van die families, die name bekendgemaak van die leerders van Hoërskool Riebeeckstad wat Dinsdag in die tragiese busongeluk op die R70 net buite Ventersburg gesterf het.
Die leerders wat in die ongeluk oorlede is, was:
Oagile Gailele (13)
Lerato Keketsi (13)
Busisiwe Makansela (13)
Tlotlisang Mokotjo (13)
Relebohile Nteo (14)
Katleho Semelo (13)
Die Vrystaatse polisiekommissaris, lt-genl Baile Motswenyane, het in die boodskap haar diepe medelye betuig met die families van die oorledenes.
“Ons harte gaan uit na hierdie families en vriende van hulle wat hulle lewens verloor het tydens hierdie hartseer insident. Ons vra dat mense die privaatheid van die families in hierdie moeilike tyd sal respekteer,” het Motswenyane gesê.
Die polisie is steeds besig met die ondersoek.  en is in die verklaring gesê dat  in hierdie stadium van die ondersoek niemand nog aanspreeklik gehou kan word, tot die uitslag van die ondersoek  bekend is nie.
Die provinsiale kommissaris het gevra dat mense sensitief sal wees met inligting rondom die ongeluk, en gevra dat mense hulle daarvan sal weerhou om onbevestigde inligting te versprei wat verdere hartseer vir die families kan meebring,

Sowat 58 leerders van Hoërskool Riebeeckstad was Dinsdag 6 Februarie van Moolmanshoek per bus na Riebeeckstad in Welkom onderweg, toe die ongeluk  sowat 30km buite Ventersburg op die Ventersburg/Senekal-pad gebeur het., het die kantoor van die Vrystaatse premier by monde van Palesa Chubisi, Dinsdag in ‘n verklaring gesê.

Die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga sal môre, Vrydag 9 Februarie, die ongelukstoneel op die R70 asook die Hoërskool Riebeeckstad besoek.

Die busramp van die afgelope week het gedagtes ver laat teruggaan na twee soortgelyke skoolbustragedies. 

  • Drie en twintig kinders is op 28 Januarie 1970 oorlede in die Henley-on-Klip busramp toe die bus deur ‘n trein getref is. Sestien kinders is ook in die busongeluk beseer.
  • Op 27 Maart 1985 sterf 42 skoolkinders toe die bus wat die kinders van die Vorentoe Hoërskool vervoer het, die pad verlaat het net toe dit oor die brug oor die Westdene Dam in Johannesburg beweeg het. Dertig van die kinders in die bus het daarin geslaag om na veiligheid te kon swem, of is deur nooddienswerkers gered.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button