Local newsNews
Waterwese weer in Parys om oplossings te soek vir dorp se waternood
Pyplyn tussen suiweringsaanleg en reservoir 1 nog nie voltooi nie
“Ek is baie opgewonde oor die verbintenis van almal wat vandag hier was, om oplossings te vind vir Parys se waterkrisis, ” het DA-raadslid Saal de Jager, vanmiddag, Donderdag 8 Februarie gesê, na ‘n besoek van amptenare van Departement Waterwese en Sanitasie in Parys. Die besoek is gelei deur dr Ntili, hoof van die Departement Water en Sanitasie in die Vrystaat.
Rdl. De Jager sê die amptenare se ondersoek vandag hier het ook ‘n inspeksie van die Ngwathe munispialiteit se watersuiweringsaanleg in Parys ingesluit.
Struikelblokke is bespreek en oplossings voorgestel. Daar is ook ooreengekom op aksie datums.
“Dit bly ‘n groot uitdaging om die suiweringsaanleg reg te maak en te verseker dat inwoners water ontvang,” het rdl De Jager gesê en bygevoeg dat volgehoue druk deur die DA om oplossings te vind, bygedra het tot die besoek.
Na die ondersoek by die watersuiweringsaanleg is areas in onder meer Vaal Parys ondersoek waar daar vir dae geen water was nie, asook sekere dele in die Tumahole-woonbuurt wat deurlopend min water kry. Tydelike oplossings is voorgestel.
Die nuwe pyplyn tussen die suiweringsaanleg en reservoir 1 is steeds nie voltooi nie. Die munisipaliteit wag tans op goedkeuring van die Departement van vervoer vir toestemming om die pyplyn onderdeur die R59 te lê en te verbind met die suiweringsaanleg, het rdl. De Jager gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.