Local newsNews

Meer hartaanvalle, beroertes weens ongesonde leefstyl

Goeie raad is om nie die waarde van oefening te onderskat nie en te kyk na jou gewig.

Al meer hartaanvalle en beroertes word gesien en dit word toegeskryf aan ‘n ongesonde dieet en leefstyl. Vetsug onder kinders neem ook toe omdat baie kinders nie aktief is nie. In haar praatjie oor Gesondheid met dames van die plaaslike Vroue Landbou Unie-tak, het Isabel Nienaber, ‘n paramedikus van Viljoenskroon, verwys na simptome soos borskaspyne, sooibrand, gewrigspyn, spanning, hoë bloeddruk en benoudheid. Sy het mense aangeraai om sout en koolhidrate in hul dieet te sny.

Dit sluit in brood, soetigheid en vetterige vleis. Sy het ook die waarde van stap of ander matige oefening beklemtoon, en gesels oor die gevare van rook, alkohol- en dwelmmisbruik.

Hou jou gewig reg was haar raad.

Hierbenewens het sy inligting gegee oor die verskil tussen bloeding en bloedklonte. In geval van ‘n beroerte was haar raad om die pasiënt so gemaklik moontlik te maak, op die sy te draai ,en dadelik hulp te kry. Die VLU-vroue kom weer bymekaar op 9 April. Gaste is welkom.

Gesels met Annatjie Dreyer by 082 464 020 of Bernadet van der Ende by 082 474 0304 as jy meer inligting wil hê oor die VLU, en graag die April-byeenkoms wil bywoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button