Local newsNews

“Ek het nooit gedink dat ek 100 jaar oud sou word nie,” sê sy met daardie groot glimlag en helderblou oë

“Ek kan dit nie glo nie!” So sê Sally Martin Park se oudste inwoner, Vi Malan, wat Dinsdag haar 100ste verjaardag gevier het, omring deur haar kinders, kleinkinders, familie en vriende wat die groot dag saam met haar gevier het. “Ek het nooit gedink dat ek 100 jaar oud sou word nie,” sê sy met …

“Ek kan dit nie glo nie!” So sê Sally Martin Park se oudste inwoner, Vi Malan, wat Dinsdag haar 100ste verjaardag gevier het, omring deur haar kinders, kleinkinders, familie en vriende wat die groot dag saam met haar gevier het. “Ek het nooit gedink dat ek 100 jaar oud sou word nie,” sê sy met daardie groot glimlag en helderblou oë.

Vir haar kan jy altyd deur ‘n ring trek – pynlik netjies en spesiaal uitgevat vir die groot dag met die verjaardagkroon op haar kop.
Oor die jare sedert sy en haar man in die tagtigerjare in Parys kom aftree het, het sy diep in die harte van die inwoners en personeel van Sally Martin Park gekruip. Jy’t haar altyd besig gesien waar sy oral sou help, of deelneem aan die een of ander aktiwiteit.

Of daar Melodrama gehou is, of kaartjies verkoop moes word by die deur vir die tehuis se ‘Kindervreugde’ projek. Selfs in Sally Martin se biblioteek het sy haar kant gebring om boeke te pak, en het vir jare die pos as kassier van Die Houtlepel met groot toewyding beklee.Wanneer dit verkiesingstyd was, was sy vroeër jare as DA-skakelbeampte die een wat gehelp het om bejaardes by die stembus te kry.

Sy is in 1924 as die jongste van vier kinders gebore. Haar ma was ‘n Suid-Afrikaner, terwyl haar pa in die 1890’s van Engeland na Suid-Afrika geëmigreer het. Sy het in Oos-London grootgeword. Haar pa is oorlede toe sy nog baie jonk was, en het haar gehoorgestremde ma haar en haar twee susters en broer alleen grootgemaak.

Nadat sy haar skoolloopbaan voltooi het, studeer sy onderwys en ontmoet die liefde van haar lewe in Queenstown waar albei skoolgehou het. Uit hul huwelik is twee seuns gebore – Rian en Neil.

In Julie 1993 koop sy en haar man een van die eerste huise by Sally Martin Park. Haar suster het Sally Martin, na wie die tehuis vernoem is, persoonlik geken, en het Vi later ook die voorreg gehad om Sally te ontmoet. Sedert hulle by Sally Martin Park ingetrek het, was sy betrokke by verskeie komitees en het sy die oord sien ontwikkel.

Vi Malan saam met haar seuns, Neil en Rian

Vir haar is betroubaarheid en vriendskap belangrik, en is sy iemand wat veel eerder gee as om terug te verwag. As sy ‘n boek kan lees en goeie vriende om haar het, is sy op haar gelukkigste. Haar seuns het Dinsdag gesê dat hul dankbaar is dat die Here haar geseën het met ‘n lang lewe, en het almal bedank wat haar by Sally Martin omvou met liefde en vriendskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button