Local newsNews

Terug kampus toe vir Potch-studente

Waterprobeme wat verlede week in Potchefstroom ondervind is, is intussen opgelos

Alle kontakklasse vir studente van die NWU se Potchefstroom-kampus word Maandag 15 April hervat.

Probleme met watertoevoer in Potchefstroom en Ikageng is intussen opgelos nadat groot dele verlede week en ook oor die naweek sonder water was.

Studente het reeds van Woensdag af stelselmatig begin terugkeer kampus toe en universiteitspersoneel kan van môre, Donderdag 11 April weer terugkeer.

Verlede week se waterprobleme in Potchefstroom was te wyte aan verskeie barste op die hooftoevoerpyp tussen twee reservoirs wat Ikageng en ‘n groot gedeelte van die stad van water voorsien. ‘n Klamp is ook Saterdagaand naby die nywerheidsgebied gesteel wat nog ‘n pypbars veroorsaak het.

Die gevolg was dat die universiteit oor die naweek genoodsaak was om kontakklasse tydelik op te skort.

Teen Maandagoggend het die grootste deel van Potchefstroom egter weer water gehad.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button