Stil-stil word in dié begraafplaas gewerk
Gaan kyk gerus na die historiese begraafplaas as jy weer hier verby gaan
As daar iemand is wat weet wat dit beteken dat die linkerhand nie moet weet wat die regterhand doen nie, is dit Fanie van Five Star Services.
Stil-stil doen hy sy ding om die Vereenigingse Konsentrasiekamp begraafplaas skoon en netjies te hou.
Met die groot werk wat hier gedoen word, lewer hy ‘n bydrae tot die behoud van geskiedenis, kultuur en tradisies, het die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk gesê wat hul dankbaarheid uitgespreek het om so ‘n staatmaker in hul midde te hê.


“‘n Man wat beslis erkenning verdien vir dié werk wat sonder enige vergoeding of verwagting van erkenning al ‘n paar jaar lank gedoen word. Dié man verdien ‘n klop op die skouer!”
Foto’s met erkenning aan Peet Schabort en Alta du Plooy.



