Local newsNews

Operasie opruim so amper klaar

Die ongeluk het vanoggend net na 05:00 gebeur en opruiming van die toneel het etlike ure geduur.

Opruimingswerk van die herwinbare materiaal op die ongelukstoneel waar ‘n vragmotor vanoggend net na 05:00 op die draai by Welkom-kafee soos jy Parys binnery, omgeslaan het, is so te sê voltooi.

Die vragmotor van Triple T Transport het met die groot vrag herwinbare materiaal van Kroonstad gekom en moes dit aflaai in Parys se nywerheidsgebied by ‘n herwinningsonderneming. Hy het egter verdwaal en toe in Waterstraat beland waar hy nie sy draai in die draai kon kry nie.

Die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie en geen ander voertuie was betrokke nie.

Inkomende verkeer moes sedert vroeg vanoggend hier herlei word deur die dorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button