Spogprestasies vir studente van Gaudium Artes
Die strykensemble het ook verlede Vrydag saam met die Noordwes Jeugorkes in Vredefort opgetree.
Studente van Parys se Gaudium Artes het die beste gevaar uit al die entiteite wat leerlinge ingeskryf het vir vanjaar se prestige Allegretto Eisteddfod. So sê Marius Lourens, eienaar van die Eisteddfod na afloop van die interprovinsiale uitdunrondte
wat in Potchefstroom gehou is.
Die Parys musiekstudente is afgerig deur Erna Rademan wat wyd bekend is vir haar uitsonderlike resultate met haar studente.
Rossouw Muller (trompet) en Braam van Wyk (sang) wen beide trofees, en daar word aan Ethan
Kruger, Braam van Wyk en Rossouw Muller medaljes vir hulle sangtrio toegeken.

Ethan Kruger (klavier, viool, sang), Braam van Wyk (sang), Surrét Britz (sang) en ‘n strykensemble wat bestaan uit Ethan Kruger, Ellerike van der Westhuizen, Ané Gouws, Gabriela Steenkamp, Vi’en Lurie, Jonatan Pienaar en Susan Venter het almal na die Allegretto Eisteddfod nasionale rondte deurgedring.

Die strykensemble het ook verlede Vrydag saam met die Noordwes Jeugorkes in Vredefort opgetree.



