Local newsNews

Besemstokke hou die spiere geoefen

"Daar is soveel voordele van oefening vir bejaardes," vertel Marietjie

Twee keer ‘n week swaai besemstokke, houtlepels, hoepels en selfs swembad noedels fluks in een van die sitkamers by AMOT, wanneer bejaardes van dié tehuis saam met Marietjie Oehley oefen om die spiere aan die gang te hou.

“Daar is soveel voordele van oefening vir bejaardes,” vertel Marietjie. “Nie net hou dit jou jonk van gees nie, maar help bejaardes om langer selfstandig en onafhanklik oor die weg te kom.” Dit is ook ‘n goeie teenvoeter vir die verouderingsproses vertel sy verder en verduidelik dat oefening die brein stimuleer en die geheue versterk.Daarbenewens verbeter dit bloedsirkulasie, help om balans en koördinasie te verbeter, spiere te versterk, en sit oefening jou in ‘n beter bui met endorfiene – die sogenaamde goedvoelhormone – wat tydens oefening vrygestel word.

Bejaardes van Amot wat elke week saam met Marietjie Oehley oefen om die siere soepel te hou

“Met net 15 minute se oefening per dag kan dit jou kans om depressie te ontwikkel met tot 26% verminder,” meen kundiges
Oefening verbeter ook bloedvloei na die brein en gee bejaardes inspirasie wanneer hulle sien hulle is nog instaat om te kan oefen, sê Marietjie. Die oefensessies is 45 minute lank. Marietjie bied tans ook oefening vir bejaardes aan by die Sonskyn Tehuis vir Bejaardes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button