Local news

Vermiste vrou se liggaam gekry

Voertuig ook opgespoor

 

Die liggaam van die 41-jarige sakevrou van Welkom wat sedert 25 November vermis was, is gekry in die Sandrivier naby Allemanskraal by Winburg, het polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng, bevestig.

Matshediso Julia Nkhatho is as vermis aangemeld nadat sy vroeër saam met ‘n onbekende man in haar grys Volkswagen Polo na Kimberley gereis het om tenderdokumente te gaan inhandig. Die man sou haar met die dokumente gehelp het.

‘n Hengelaar het op 26 November die liggaam van ‘n vrou in die rivier opgemerk en die polisie in kennis gestel. Polisieduikers het haar liggaam uit die rivier gehaal. Haar hande was vasgebind.
Na aanleiding van die mediaberigte oor haar verdwyning, is sy uitgeken as die vermiste Nkhatho. Haar motor is ook intussen in die Welkomse sakegebied opgespoor.
Die moorddossier word nou ondersoek deur speur-sers. Andrew Lechesa van die polisie se eenheid vir ernstige en geweldsmisdade in Welkom. Mense wat inligting het wat die polisie kan help in hul ondersoek is gevra om  082 493 1204 of die Stop Misdaad nommer 08600 10111 te skakel, het kapt. Thakeng gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button