Local news

Nampo Oesdag om die draai met meer as 800 uitstallers

Onthou kaartjies is by TicketPro met afslag vir aanlyn aankope. Die Oesdagplaashekke maak soggens om 07:00 oop en sluit weer om 17:00. Vervoerkarretjies is op drie verskillende roetes op die terrein beskikbaar wat gratis gebruik kan word deur besoekers. 

Trek jou tekkies aan, kry jou kaartjie en maak gereed vir die Nampo-skouspel wat vanjaar beloof om alle verwagtinge te oortref met die Nampo Oesdag wat van 16 tot 19 Mei op die Oesdagplaas net buite Bothaville aangebied word.

Sedert sy ontstaan word Nampo beskou as een van die grootste vertoonvensters van die land met meer as 800 uitstallers wat vanjaar op die terrein sal wees. Die 2023 tema is ‘Innoverende Landou’ en sal van die nuutste tegnologie, masjinerie, uitvindsels en meer hier ten toon gestel word.

Naas verskeie uitstallers wat hul uitstalruimtes uitgebrei het, is daar ook nuwe wapens- en buitelugklere  uitstallers. Selfs die kosstalletjies is uitgebrei  en nuwe buite-uitstalruimtes aan die suidekant van die terrein aangebring, asook ‘n splinternuwe koffiekroeg.

Oesdaggangers kan ook uitsien na nuwe geplaveide paaie en ‘n eksklusiewe restaurant waar uitstallers hul kliënte kan trakteer.

Naas die vele uitstallers is daar ook die altyd gewilde demonstrasies waaronder ook 4 x 4, en die Boerepatentekompetisie waarmee deelnemers met al wat vindingryke plan is vorendag kom.

Vir die vroue word daar  oudergewoonte weer spesiaal voorsiening gemaak met ‘n propvol en opwindende vroueprogram.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button