Local news

Brandgevaar waarskuwing vir Sondag en Maandag uitgereik

Mense word gewaarsku om geen vure in die oopte te maak nie.

Die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging (NWUFPA) het ‘n brandgevaar waarskuwing vir Sondag 20 Oktober en Maandag 21 Oktober uitgereik. Hierdie waarskuwing geld vir die hele Noordwes Provinsie.

Eric Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreelbrandbeskermingsvereniging, sê mense moet oplettend daarop wees dat daar hoë windspoed, droë kondisies en hoë dag temprature verwag word.

“Dit kan lei tot gevaarlike toestande van weghol brande. Ons vra asseblief die gemeenskap om oplettend te wees en ons onmiddellik te laat weet indien daar enige rookie of brand gewaar word. Maak seker brandtoerusting is gediens en brandstof in gegooi is. Maak seker personeel is op bystand om te help en reageer so gou as moontlik.”

Eric waarsku ook dat braaivleisvuur ‘n protensiële gevaar kan inhou en raai mense aan om dubbel seker te maak hulle braaivuur is heeltemal geblus.

Indien jy enige navraag het, kan jy vir Eric Stoch by 071 077 6653 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button