Local news

Klopjag onthul dagga-fabriek in Potchefstroom

Daar is ook op ammunisie en ‘n pofadder beslag gelê

Die polisie het Vrydag, 7 Maart op ‘n dagga-fabriek by ‘n huis op die Wilgeboom plotte toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê ‘n lasbrief is omstreeks 09:00 Vrydagoggend uitgereik.

“Op die perseel is ‘n kweekuis, daggabome, masjinerie en dagga in verskillende vorms opgespoor. Daar is ook op ammunisie en ‘n pofadder beslag gelê. ‘n Spesifieke chemikalieë om ander dwelms te vervaardig is gevind.”

Inligting oor die hoeveelheid dagga, daggabome, ammunisie en die verdagtes se ouderdomme is nie in hierdie stadium beskikbaar nie.

Dagga in verskillende vorms van verwerking is oral in die huis gevind.

‘n Man en vrou, wat saam op die perseel gebly het, is in hegtenis geneem en sal Maandag, 10 Maart in die Potchefstroom-landdroshof verskyn. Alle aanklagte teen hulle is nog nie bekend nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button