NewsNews

Valke arresteer skoolseun in Potch

Die Valke het Dinsdag ’n agtienjarige skoolseun in Potchefstroom in hegtenis geneem in verband met ’n moordondersoek in Parys.

Die Valke het Dinsdag ’n agtienjarige skoolseun in Potchefstroom in hegtenis geneem in verband met ’n moordondersoek in Parys.

Die ondersoek spruit uit ’n beweerde plaasaanval waarna twee verdagtes na bewering doodgeslaan is.

Die naam van die seun mag nie bekend gemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie. Nog twee ander verdagtes is ook Dinsdag in hegtenis geneem.

Die saak kom Vrydag weer in Parys voor.

In ’n skokkende wending in dié saak het Mike van Rooyen van Beeld Woensdag berig dat daar glo geen plaasaanval was nie en dat die boer, Loedie van der Westhuizen (73), se beserings selftoegedien is toe hy twee plaaswerkers wat agterstallige lone wou hê met ’n besemstok van sy plaas probeer verjaag het. Dis glo geld wat sy seun, Boeta, aan hulle geskuld het.

Van der Westhuizen het ’n noodknoppie in sy huis gedruk waarna sowat veertig mans, van wie die meeste boere, op sy alarm help soek na die “aanvallers”.

Van die boere het hulle aangekeer waarna glo vyf of ses van hulle die werkers aangerand het wat tot hulle dood gelei het.

Die ander mans wat ook Vrydag in die hof verskyn is Muller van der Westhuizen (19), Wian van der Westhuizen (20), Fanie Oosthuizen (42), kapt. Henk Prinsloo (46), Boeta van der Westhuizen (46) en Anton Loggerenberg.

’n Ondersoekspan onder leiding van kol. Deon Topkin, bevelvoerder van die Valke in die Vrystaat, en nog tien speurders is sedert Januarie met die ondersoek in Parys besig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button